Eerste netbalspan van 2024. Primêre Meisieskool Oranje groet met trots die eerste netbalspan van 2024 en kyk terug na ‘n blink jaar van netbal.
Die dogters het aan verskeie toernooie deelgeneem, soos die Menloparktoernooi en Absa Wildeklawer Netbaltoernooi..
Die o. 13A-span het weereens onder die top 4 spanne in Bloemfontein geeïndig. Hulle het uitgespeel vir ’n plek in die Motheo-distrik, en na die uitspeelwedstryde was hulle die algehele wenners van die Motheo-distrik. Daarna neem hulle aan die Vrystaat-uitspeelwedstryde deel en ontvang die silwer medalje.
Oranje se eerstespan eindig ook onder die top 8 skole tydens die SA Skole Netbalkampioenskappe. Dit is ‘n besonderse prestasie.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf









