Leerders van die Primêre Skool Worcester is gekies vir die Sanesa Wes-Kaapspan.
Op die foto bo:
Van links na regs: Inge de Villiers, Jeanne du Toit, Megan Niemand en Anmari du Toit het as lede van die Kaapse Wynlandspan vanaf 6 tot 8 Augustus 2017 op Stellenbosch aan die kwalifiserende ronde van SANESA (South African National Equestrian Schools Association) deelgeneem.
Jeanne is gekies as kaptein van die Kaapse Wynland Laerskolespan. Al vier meisies is gekies vir die Sanesa Wes-Kaap-span wat in Oktober 2017 aan die Nasionale Kompetisie in Johannesburg sal deelneem.