2025 Topmatriekpresteerders. Erkenningsgeleentheid aan 2025 NSS-Presteerders.
Baie geluk aan Hoërskool Duineveld, Upington, se 2025 Topmatriekpresteerders wat op 19 Januarie, tydens die saalopening, die nodige erkenning ontvang het.
Duineveld is uiters trots op julle akademiese prestasies en wens elkeen alle voorspoed toe met die pad vorentoe. ’n Groot dankie ook aan die ouers en personeel wat met hul aanmoediging en ondersteuning hierdie suksesse moontlik gemaak het.
Uitstaande Presteerders
- Martin Roos
- Top provinsiale vakprestasie in Tegniese Wiskunde met ’n merkwaardige 88%.
- Toekomsplan: Meganiese Ingenieurswese aan CPUT Bellville.
- Milke Pretorius
- Ereklere vir Akademie met ’n gemiddeld van 80%.
- Toekomsplan: Verpleegkunde aan NWU.
- Chicaila Olifant
- Ereklere vir Akademie met ’n gemiddeld van 80%.
- Tans besig met ’n internskap by Nel en Vennote en studeer BRek.
- Janko Berrangé
- Ereklere vir Akademie met ’n gemiddeld van 80%.
- Aangewys as Dux-leerder vir 2025.
- Toekomsplan: Ingenieurswese en Rekenaarwetenskappe aan die Universiteit van Pretoria.
🌠 Mag julle voortbou op hierdie merkwaardige prestasies en steeds nuwe hoogtes bereik. Hoërskool Duineveld glo dat hierdie sukses slegs die begin is van ’n blink toekoms!


Lees meer skitterende skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/











