)

2022 Matriekklas – Hoërskool Ermelo spog met 100% slaagsyfer

2022 Matriekklas – Met 2022 matriekklas se uitslae wat bekend gemaak is, is die Erries met reg opgewonde oor EHS se uitsonderlike uitslae.

Nie net het EHS ’n 100% slaagsyfer behaal nie, maar spog ook met 82% van hul matrikulante wat Universiteitsvrystelling behaal het. 98% Van die 2022 matriekklas het gekwalifiseer vir verdere studies.

Hierdie is voorwaar ’n prestasie waarop Hoërskool Ermelo uiters trots is!

Individuele prestasies is as volg:

  • Lood Geldenhuys het sewe onderskeidings behaal en eindig sy skoolloopbaan met ’n gemiddeld van 89,4%; Afrikaans Huistaal (84%), Engels Eerste Addisionele Taal (86%), Wiskunde (93%), Lewensoriëntering (94%), Rekeningkunde (90%), Rekenaartoepassings-tegnologie (88%) en Fisiese Wetenskap (91%).
  • Elandri Swart het ook sewe onderskeidings behaal en spog met ’n gemiddeld van 87,9%; Afrikaans Huistaal (82%), Engels Eerste Addisionele Taal (86%), Wiskunde (92%), Lewensoriëntering (90%), Ingenieursgrafika- en -ontwerp (90%), Lewenswetenskap (88%) en Fisiese Wetenskap (87%).
  • Dirk Maritz behaal ook sewe onderskeidings. Sy gemiddeld is 87%; Afrikaans Huistaal (86%), Engels Eerste Addisionele Taal (85%), Wiskunde (88%), Lewensoriëntering (85%), Musiek (87%), Inligtingstegnologie (88%) en Fisiese Wetenskap (90%).
2022 Matriekklas - Hoërskool Ermelo spog met 100% slaagsyfer
Die volgende leerders behaal elk ses onderskeidings:
  • Danel Olivier (gemiddeld 87,6%); Afrikaans Huistaal (83%), Engels Eerste Addisionele Taal (79%), Wiskunde (93%), Lewensoriëntering (94%), Rekeningkunde (89%), Rekenaartoepassings-tegnologie (89%) en Lewenswetenskap (86%).
  • Carla Ferreira (gemiddeld 84,6%); Afrikaans Huistaal (78%), Engels Eerste Addisionele Taal (83%), Wiskunde (80%), Lewensoriëntering (93%), Lewenswetenskap (83%), Fisiese Wetenskap (83%) en Toerisme (92%).
  • Sphesihle Maseko (average 83%); Afrikaans EAT (89%), English HL (73%), Maths (82%), Life Orientation (91%), Accounting (84%), Life Science (81%) and Physical Science (81%).

Die volgende leerders kry elk vyf onderskeidings:

  • Ilandri Nel (84,9% gemiddeld); Afrikaans Huistaal (82%), Wiskundige Geletterdheid (87%), Visuele Kuns (87%), Gasvryheidstudies (85%) en Toersime (90%).
  • Ntuthuko Mahlangu (average 82%); Afrikaans Eerste Addisionele Taal (88%), Maths (84%), Life Orientation (83%), Business studies (89%) and Physical Science (89%).
  • Tobie Leibbrandt (gemiddeld 81,5%); Engels Eerste Addisionele Taal (82%), Wiskunde (81%), Lewensoriëntering (83%), Rekeningkunde (80%) en Geografie (84%).
  • Anzelle Vosloo behaal vier onderskeidings en Tiaan Grobler, Danielle Kocaj, Caylin Loock, Luyanda Nsibande, CJ Steenkamp, Frané Swart en Deidre van der Meyden behaal elk drie onderskeidings.
2022 Matriekklas - Hoërskool Ermelo spog met 100% slaagsyfer

Hoërskool Ermelo het ’n totaal van 128 A-simbole, 159 B-simbole en 217 C-simbole.

2022 Matriekklas - Hoërskool Ermelo spog met 100% slaagsyfer

Die Erries is opreg dankbaar oor hierdie uitstaande uitslae en wens elke onderwyser en matriekleerder van 2022 geluk. Mag die pad vorentoe geseënd wees en jul harte altyd groen bly klop.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal