2017 Is die eerste jaar dat Hoërskool Nelspruit twee debatspanne in die finaal van die ATKV het en ook die eerste junior debatspan wat deelneem en onder top 8 eindig.
Nellies wat op 12 Augustus by Goudini Spa in Worcester deelgeneem het is:
Senior debatspan en wen teen Hoërskool Outeniqua: Gerhard van der Merwe en Wehan Viljoen (Wehan wen ook toekenning vir die beste taalgebruiker in senior debatsafdeling). Die tema was “BTW behoort verhoog te word om ekonomiese ontwikkeling te bevorder”. 14 spanne het deelgeneem.
Die junior debatspan wen teen Hoërskool Stellenberg: Aniska Breedt, Jean van der Merwe en Danté van der Westhuizen. Hulle eindig nasionaal sesde. Die tema was “Protesaksie bevorder ons demokrasie”. 14 spanne het deelgeneem.