World Dance Masters. Ses dansers van Hoërskool Strand neem vanaf 20 tot 26 Mei aan ‘n internasionale dansgeleentheid in Kroasië deel. Hulle is lede van die Suid-Afrikaanse span wat aan die Dance Star World Dance Masters geleentheid gaan deelneem.
Dit is ‘n uiters gesogte geleentheid, waar meer as 4000 dansers van 28 lande vanoor die wêreld hul dansvernuf ten toon stel. Hierdie dansers sal hul vernuf ten toon stel in onderskeidelik solo’s, duette en dansgroepe.
Die dansers, vir wie hierdie eer te beurt geval het:
- Christo Thiart
- Mieke Carr
- Linke Thiart
- Rochell Alberts
- Olivia Kotze
- Isabella Meyer
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf