Vrystaat Moderne Vyfkamp. Hoërskool Sentraal blink uit in moderne vyfkamp!
Twee uitmuntende leerders van Hoërskool Sentraal, Cayden Potgieter en Handre Bubb, het op 13 September aan die Vrystaat moderne vyfkampbyeenkoms in Bloemfontein deelgeneem.
Cayden Potgieter het ’n eerste plek in die o.19-afdeling behaal, terwyl Handre Bubb die eerste plek in die o.17-afdeling verower het. Beide atlete is gekies om die Vrystaat te verteenwoordig tydens die South African Laser Run Championship. Die kampioenskap vind op 11 Oktober in Bloemfontein plaas.
Die Tralies is uiters trots op hierdie twee skitterende sportmanne en wens hulle alle sterkte toe vir die nasionale byeenkoms!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








