Die liefde blom behoorlik in die Vaaldriehoek!!!

Vanderbijlpark Laerskool Kollegepark se leerlingraad het hulle liefde gedeel  met die kinders van CATHERINE ROBSON KINDERHUIS EN SEDIBENG HAVEN.

Negentig  kinders is bederf met ’n geskenk vir Valentynsdag en elke kind het ook iets gekry om  weer vir iemand anders, wat vir hulle spesiaal  is, te gee by hulle afsonderlike skole.

Met hierdie gebaar is 180 kinders  bederf om belangrik en geliefd te voel.

Vir die leerlingraad was dit ‘n  groot voorreg om ander te  kon dien en bederf.

Hulle sê dit is baie beter om te gee as om te ontvang.

Become a Sponsor