Keenan Kulsen, graad 10 leerder by Uppies het verras deur vir die eerste keer saam met sy ma aan ‘n kinderboekreeks te skryf.
Sy ma, Anzil Kulsen, het aanvanklik die eerste boek in die reeks vir 9 jariges geskryf.
Toe die uitgewer by Tafelberg vra dat dit in Å„ reeks uitgebrei word, het Keenan dadelik begin skryf aan die tweede boek Die been in die bos wat in Julie verskyn. Die derde boek, Die Grafsangers, verskyn in September.
Keenan speel hokkie en skryf ook sy eie inspirerende aanhalings onder die skryfnaam K-specialist.