Uppies se 0/15 krieketspan en Carlton van Heerden se 0/15 span het mekaar op Dinsdag, 31 Januarie, die stryd aangesê op Uppies se velde. Uppies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die Uppie seuns het hulle uitstekend van hul taak gekwyt en 166 lopies in hul toegelate 20 beurte aangeteken. Uitblinkers met die kolf was Hein Neser met 46 lopies en Ian Erasmus met 34 lopies.
Daarna het Uppies die bal gevat. Die Uppie seuns het baie goeie boul sowel as veldwerk gelewer, en hulle het Carlton van Heerden beperk tot 39 lopies. Uitblinkers met die bal was Ian Erasmus en Adri Hudson, elk met 3 paaltjies. Uppies wen dus die wedstryd. Baie geluk seuns!
Become a Sponsor