Hoërskool Noord-Kaap Doen dit weer!
HNK het deur gedring na die volgende rondte van die Kovsie Liga waar hulle vir die 2de keer die jaar teen Hoërskool Diamantveld te staan gekom het. Die wedstryd was die halfeindstryd van die Kovsie Liga wat op Kovsie park gespeel is op 26 Augustus 2017. Noord-Kaap het weereens bewys waarom hulle die beste is. Noord-Kaap het vir Hoërskool Diamantveld 48-36 gewen.
Puntemakers:
Drieë: Yaseer Daniëls, Jeffrey Muzaza, Edrich Brand (2), Ramon Sauls, Maurice Amerika en Godwill Romain.
Doelskoppe: Cameron Hufke (5)
Strafdoele: Cameron Hufke (1)
Cameron Hufke was ook as die speler van die wedstryd aangewys.