Gizela Rencken
Morkel’s Cottage is ‘n crèche vir jong kinders of leerders na wie gekyk word in die dag of na skool, maar omdat daar so baie kinders is, om presies te wees, 55, moes iemand inspring om hulle te help omdat hulle sukkel met hul huiswerk en net ‘n paar mense daar is om hulle te help. Tiamo het dadelik ingespring en het ‘n groot verskil gemaak in hul lewentjies.
“Never stop doing little things for others. Sometimes those little things occupy the biggest part of their hearts.”
Ons leerders het Maandag direk na skool saam met mev. S. van Rensburg asook me. H.van der Merwe met die skoolbussie na Morkel’s Cottage vertrek. Nes die bussie se wiele tot stilstand gekom het, was elke gesiggie vol blydskap om vir Tiamo te sien. Dis vir hulle die lekkerste deel van hul Maandae! Nadat die broodjies en koeldrank uitgedeel is, het elkeen van die leerders ‘n kind gekry om met hul huiswerk te help, skryfbehoeftes is deur Tiamo voorsien. Van babatjies tot selfs grad 7’s was daar en Tiamo het gehelp met die huiswerk wat meestal spelling, woordsoorte,Wiskunde en Engels behels.
Dis hoe Tiamo ‘n verskil maak, maar jy kan ook deur deel te word van die groep en jou diensbaarheid uit te leef. onthou dat daar elke Maandag ‘n uitreik na Morkel’s Cottage is vir die huiswerkklas.