Skoolkapteine 2024. John Buchan het die volgende gesê: “Die taak van leierskap is nie om grootheid in mense te plaas nie. Dit is om dit uit te lok, want die grootheid is reeds daar.” Met hierdie woorde maak Grey Kollege hul skoolkapteine van 2024 bekend.
Dié woorde is ‘n verpersoonliking van die leiers wat die afgelope 168 jaar by Grey Kollege ontwikkel is.
Tydens ‘n ongelooflike en stylvolle saalperiode is daar van die 2023 leiers en matrikulante afskeid geneem. Die leiers van 2023, Ranon Fouché (skoolkaptein), Roan Janse van Rensburg (onder-skoolkaptein van Stad ) en Luke Reynders (onder-skoolkaptein van Koshuis ) het hul bande van gesag aan 2024 se nuwe leiers oorhandig.
Pieter van der Merwe, Danie Kruger en Jayden Leech is onderskeidelik aangewys as skoolkaptein, onder-skoolkaptein van Koshuis en onder-skoolkaptein van Stad.
Mag Grey Kollege verder onder hulle gedy en die grootheid wat reeds bestaan verder in 2024 ontwikkel.
School Captains 2024
John Buchan said the following: “The task of leadership is not to put greatness in people, but to provoke it, because greatness is already there.” With this in mind, Grey College announces their school captains of 2024. These words are also an embodiment of the leaders developed at Grey College over the past 168 years.
During an incredible and stylish hall period, the 2023 leaders and matriculants said goodbye. The leaders of 2023, Ranon Fouché (school captain), Roan Janse van Rensburg (vice-school captain of City) and Luke Reynders (vice-school captain of Residence) have also handed over their ties of authority to 2024’s new leaders.
Pieter van der Merwe, Danie Kruger and Jayden Leech were appointed as school captain, vice-school captain of Residence and vice-school captain of Stad respectively.
May Grey College thrive further among them and further develop the greatness that already exists in 2024.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://greycollegesecondary.com/
Foto’s verskaf