SA Sewes/ WP Rugby. Hoërskool Strand is met reg baie trots en opgewonde oor hul 2024 Arend, Gino Cupido, se toekoms. Gino het dié week pen op papier gesit en ‘n gesamentlike kontrak by die SA Sewes/ WP Rugby geteken.
Saam met dit is Gino ook opgeneem in die SA o/20-oefengroep. Hy sal hand aan and saam met hulle gaan werk om sy rehabilitasie, vir ‘n kniebesering wat hy vroeër die jaar opgedoen het, voort te sit.
“Hoërskool Stand wens jou alle sterkte toe vir jou rugbyloopbaan, Gino. Ons kyk uit daarna vir die dag wat jy die groot groen en goud oor jou kop trek!”
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf