Rugby Kapteins. In ons gewilde reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met Evert Bouwer. Evert is die kaptein van Hoërskool Durbanville se 1ste rugbyspan. Evert druk vandag die sewende drie in ons reeks vanjaar oor Rugby Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika.
“Ek het op die ouderdom van vyf jaar, Graad R, begin rugby speel. Ek hou van rugby en geniet dit om te speel want dit is lekker om in ‘n spansport te speel. Rugby is ‘n familie-belangstelling van ons gesin en ek volg dit al van kleins af.
Toe ek my eerste wedstryd gespeel het, was baie opgewonde, maar ek was wel ook ‘n bietjie verward. Wat ek van my eerste rugbywedstryd onthou is dat die lyne op die veld my so deurmekaar gehad het dat ek die bal kort gedruk het, voor die doellyn.
My raad aan beginners is om elke oomblik van die sport te geniet. Wees ook oop om te leer en ondersteun mekaar in die span.
Die posisie wat ek tans speel is nommer 7-flank. Ek het vroeg in die laerskool senter gespeel, later agsteman en slot. In die hoërskool het ek al haker, slot, agsteman en flank gespeel. Ek geniet my huidige posisie.
Eerste keer kaptein
Ek is hierdie jaar die eerste keer as kaptein verkies. Toe ek die eerste keer as rugby kaptein op die veld gedraf het was ek baie trots. Ek erken dat ek redelik gespanne was, aangesien dit my eerste keer was en die teenstanders straf was.
Ek hou my span gemotiveerd deur te probeer fokus op die goeie dinge wat gebeur asook om te fokus op elkeen se sterk punte.
Myns insiens moet ‘n goeie rugbyspeler op sy voete kan dink, vinnig kan aanpas om te reageer op die veld en die spel goed kan lees. Hy moet ook deursettingsvermoë hê en nie gaan lê wanneer dinge nie uitwerk nie. Hy moet ‘n goeie spanspeler wees en vertrou op die afrigting. My sleutel tot sukses is ‘n goeie gesindheid, fiksheid en vegtersgees (“fighter mentality”).
Wat my, as rugby kaptein, inspireer elke keer wanneer ons op die veld draf, is skooltrots en ook omdat ons as span vir mekaar speel.
My lekkerste wedstryd was teen Hoër Jongenskool Paarl vroeër die jaar. Ons was die “underdogs” in die wedstryd maar ons kon die wen deurtrek. Dit was ook my eerste wedstryd as kaptein. Die wedstryd wat ek nie wil onthou nie, is my o14 wedstryd teen Hoërskool Outeniqua van George. Hulle was op die dag die beter span en het ‘n groot telling behaal.
Beste rugbybesluit
‘n Rugby besluit waaroor ek goed voel was om die punte te neem in ‘n wedstryd teen Hoër Jongenskool Paarl aan die begin van die wedstryd. Dit het ons dadelik op die voorvoet gesit en was ook goed vir die span se gesindheid vir die res van die wedstryd.
Wanneer ek ‘n moeilike wedstryd agter die rug het, sal ek dit met my gesin en ons afrigters bespreek. Hulle ondersteun ons altyd.
My grootste rugbyheld? Dit wissel maar op die dag, maar Deon Fourie is ‘n goeie voorbeeld van iemand wat hard werk op die veld en goeie resultate kry.
My hoof-doelwit vir die jaar is om interskole teen Stellenberg te wen en die beste rugby te speel wat ek kan.
Indien my studies dit toelaat, sal ek graag na skool wil rugby speel. Ek hanteer my verantwoordelikhede met rugby saam met my studies en sosiale verantwoordelikhede deur goeie tydsbestuur en ‘n gesonde leefstyl.
My grootste enkele hoogtepunt in my rugby-loopbaan tot dusver was toe ek verkies is as Kaptein van Hoërskool Durbanville se 1ste Rugbyspan vir 2023.
Ander sportsoorte waaraan ek deelneem buiten rugby, is tennis. Ek speel tennis vir die skool asook vir Durbanville Tennisklub.
Die professionele rugbyspeler met wie ek graag wil koffie drink, is Pieter-Steph du Toit.
Ek sal myself in een woord beskryf as veelsydig.
Rugby Captains
In our popular series about sports captains, Schools That Rock talks to Evert Bouwer today. Evert is the captain of Durbanville High School’s 1st rugby team. Evert today scored the seventh try in our series this year of Rugby Captains of high schools in South Africa.
“I started playing rugby at the age of five, Grade R. I love rugby and enjoy playing because it’s fun to play in a team sport. Rugby is a family interest of our family and I have been following it since I was a child.
When I played my first game, I was very excited, but I was also a little confused. What I remember from my first game of rugby is that the lines on the pitch had me so messed up that I put the ball short, in front of the goal line.
My advice to beginners is to enjoy every moment of the sport. Also, be open to learning and support each other on the team.
The position I’m currently playing is No. 7 flanker. I played centre early in elementary school, later eighth man and also lock. In high school, I played hooker, lock, eighth man and flanker. I enjoy my current position.
First elected captain
I was first elected captain this year. When I first jogged on the field as rugby captain, I was very proud. I admit that I was pretty tense as it was my first time, and the opponents were punishing.
I keep my team motivated by trying to focus on the good things that happen as well as focusing on everyone’s strengths.
In my opinion, a good rugby player should be able to think on his feet, adapt quickly to respond on the field and read the game well. He should also have perseverance and not lie down when things don’t work out. He must be a good team player and trust in the coaching. My key to success is a good attitude, fitness, and warrior mentality.
What inspires me, every time we jog on the field, is school pride and because we play for each other as a team.
My most enjoyable match was against Paarl Boys’ High earlier in the year. We were the “underdogs” in the game, but we were able to pull through the win. It was also my first game as captain. The match I don’t want to remember is my u14 match against Outeniqua High School of George. They were the better team on the day and got a big score.
Best rugby decision
A rugby decision I felt good about was taking the points in a match against Paarl Boys High at the start of the game. That put us on the front foot right away and was also good for the team’s attitude for the rest of the game.
When I have a tough game behind me, I will discuss it with my family and our coaches. They always support us.
My biggest rugby hero? It varies on the day, but Deon Fourie is a good example of someone who works the field and gets good results.
My main goal for the year is to win interschools against Stellenberg and also play the best rugby I can.
If my studies allow it, I would love to play rugby after school.
I handle my responsibilities with rugby along with my studies and social responsibilities through good time management and a healthy lifestyle.
My biggest single highlight of my rugby career thus far has been when I was elected Captain of Durbanville High School’s 1st Rugby Team for 2023.
Other sports I participate in besides rugby is tennis. I play tennis for the school as well as for Durbanville Tennis Club.
The professional rugby player I would like to have coffee with is Pieter-Steph du Toit.
I would describe myself in one word as versatile.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf