Royal School of Music. Die Royal School of Music, wat elke jaar meer as 650 000 musiekeksamens en assesserings in 93 lande lewer het onlangs ‘n konsert aangebied in Bloemfontein. Die Vrystaat, Noord-Kaap en Lesotho distrik se top 10 studente het deelgeneem.
Van die studente wat genooi is was twee van die Goudveld Kunste Akademie, naamlik Jolene Erasmus (klavier) en Layla de Hart (fluit – begelei deur Me Jeanne Turchino). Hoërskool Goudveld het gespog met meer as een student. Dit was die enigste skool uit die Goudvelde en die wyer Noord Vrystaat streek wat gekwalifiseer het.
Goudveld se Kunste Akademie (GKA) is nou oop vir inskrywings en kinders van alle ouderdomme kan deel wees van die GKA in verskeie kategoriee soos musiek, sang, drama, kuns, dans en fotografie.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf