Noord-Kaap o.18 Hokkiespan. Hoërskool Upington trots op hul hokkieheldinne!
Uppies wens met groot vreugde hul o.18 hokkie‑dogters geluk met hul insluiting in die Noord‑Kaap o/18A‑span!
Uppies se harte klop vol trots vir hierdie vyf uitstaande spelers wat deur harde werk, toewyding en ’n passie vir die spel hul plek op provinsiale vlak verwerf het:
- Zoë Hoving
- Nicole Rief
- Joané Nortjé
- Dricky Pietersen
- Beate Steyn
Julle prestasie is ’n bewys dat deursettingsvermoë en spanliefde altyd vrugte afwerp. Mag elke wedstryd vir julle ’n geleentheid wees om te groei, te geniet en Uppies met trots te verteenwoordig.


Baie geluk, dogters – julle inspireer al die Uppies!
Lees meer skolenuus hier: https://schoolsthatrock.co.za/
Photos supplied









