Mpumalanga Rugby Finaal. Drie van hoërskool Ermelo se rugbyspanne het Saterdag, 10 Junie, in die Mpumalanga Rugby finaal uitspele vir die groot skole-liga gespeel.
Die Erries se o.15A-span het te staan gekom teen Hoërskool Piet Retief. Hoërskool Ermelo het egter vroeg in die wedstryd die oorhand gehad. Hulle seëvier met die eindtelling van 28 – 7 in die Erries se guns.
Die o.16A-span se telling was teen halftyd 10 – 24 vir ten gunste van hul teenstanders, HTS Witbank. Erries het egter tydens die tweede helfte uitstekende rugby gespeel en na die eindfluitjie reeds geblaas het, het die Erries ’n strafskop verdoel en beklink die wedstryd met 27 – 24.
Die Hoërskool Ermelo TWK Eerste rugbyspan het teen Hoërskool Rob Ferreira gespeel. Hierdie wedstryd het ook getuig van goeie spel en die spanne was baie kompeterend. In die doodsnikke van die stryd het die Erries die wendrie gedruk en die telling was 20 – 17 in die Erries se guns.
Hoërskool Ermelo is besonder trots op hierdie drie spanne wat as Mpumalanga-kampioene aangewys is. Baie geluk aan die EHS-rugby met pragtige rugby en sterkte met die Noordvaal-uitspele wat voorlê.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf