)

Landsdiensklub Kamp – Hoërskool Ermelo kamp ‘n groot sukses

Landsdiensklub Kamp. Sewentien Erries het Vrydag, 28 April, vertrek na Kamp Ubhetyan-o-Africa vir die jaarlikse Landsdiensklub kamp. Die kamp het plaasgevind te Ubhetyan. Dit is nie net ‘n kampterrein is nie, maar ook ‘n rehabilitasie- en teelsentrum vir wilde diere of bedreigde spesies.

Kort na die aankoms is die leerders op ‘n begeleide toer geneem na die hokke van die rooikatte, leeus, luiperds, die gespikkelde hiëna. Daar is ook Canadese wit wolwe asook ‘n wildehond. Die aand is afgesluit met Bybelstudie, malvalekkers en ‘n heerlike kampvuurkuier.

Saterdag het die leerders aan allerlei lekker aktiwiteite deelgeneem. Hulle het vleisbewerking gedoen vir die voer van die karnivore, ‘n rivierkruising, ‘n kaskarresies en die skoonmaak en skoffel aan die boskerkie. Hulle het ook ‘n heerlike swemsessie gehad.

‘n Interessante natuurbewaringsinligtingsessie oor renosterstropery en ‘n speletjiesaand het bygedra tot die heerlike kamp.

Sondag het die fasiliteerders die Bengaalse en wit tiere vir die leerders gaan wys en is daar boskerk gehou.

Die landsdiensklub dank die Here vir ‘n lieflike klubkamp en Sy bewarende hand oor hulle. Van Bella die mak vlakvark tot foto’s saam met renosters of die brom van die bromvoëls tydens ons kerkdiens, sal geen Errie hul tydjie te Ubhetyan maklik kan vergeet nie!

Die groep EHS-leerders wat die lansdienskamp bygewoon het, saam met ‘n mak donkie van die kampterrein

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://erries.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal