Laerskole Dubbels Tennistoernooi. Hoërskool Ermelo Tennis sluit die eerste kwartaal op ‘n hoë noot af. Vir die tweede agtereenvolgende jaar bied Hoërskool Ermelo sy jaarlikse Laerskole Dubbels Tennistoernooi aan. Agtien spelers het ingeskryf van so ver as Wakkerstroom en Volksrust.
Daar was genoeg tyd om ‘n rondomtalie tussen al die dubbelspare te speel. Spelers het hulself terdeë geniet en dit was ‘n feestelike geleentheid.
Na nege rondtes se rondomtalie-wedstryde het Janet en Inge Burgers as die wenners uitgetree. EHS wens die wenners geluk en bedank al die tennisspelers wat bygedra het tot ‘n wonderlike toernooi.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za