)

Koshuis revolusie – Hoër Meisieskool Oranje koshuisnuwighede

Koshuis revolusie. Joostehuis, Hoër Meisieskool Oranje se koshuis vir leerders in graad 9 tot 12, ondergaan ’n koshuis revolusie.

Die nuwe koshuisouers, mnr. Stanley Biggs en sy vrou Anjalise, sowel as koshuishoofmeisie Marguerite Cronjé maak 2024 ‘n jaar om te onthou met al die nuwighede. Die BoardWell-toep en “Die Den” wat onlangs ingestel is, vergemaklik die koshuismeisies se lewe. Met die toep word leerders se beweging in en uit die koshuis elektronies gemonitor en beheer. Daarmee teken hulle uit as hulle die koshuis verlaat. Ouers kan enige tyd daarop kyk of hulle dogter in die koshuis is.

In “Die Den” is daar ‘n projektor waarop leerders flieks kan kyk. Daar is ook poefs, ’n pooltafel, ’n veerpyltjiebord, verskeie bordspeletjies en ‘n groot JBL-luidspreker. Daar wag nog baie sosiale aktiwiteite. Soos Marguerite sê: “Hou maar julle kalenders oop, koshuismeisies!”

Verder bied die koshuis vervoer na Virgin Active en drukwerk kan by die koshuisouers gedoen word. Die koshuisouers se tweede kat, Newton, is ’n gereelde kuiergas by die dogters in die koshuis.

Huislik

Die voorkant van die koshuis het ook ‘n “facelift” gekry en die vensters op die eerste vloer is gekleur. Joostehuis se koshuisouers maak dit hulle doel om Joostehuis vir die leerders huislik te laat voel, want elke glimlag op ‘n dogter se gesig maak al die werk die moeite werd.

Mnr. en mev. Biggs sê: “Dis vir ons baie belangrik dat die dogters in Joostehuis gelukkig is. As hulle lekker bly, bly ons ook lekker. As hulle gelukkig is, gee hulle meer hul samewerking en dis makliker om dissipline te handhaaf.”

Almal in Joostehuis skep nuwe herinneringe wat prysloos is. Daar is laat-aand geselsies terwyl hulle bordspeletjies speel, gang-oorslaappartytjies of wanneer die hele koshuis saam “Op my Eish!” kyk.

Die meisies sing ook graag saam met die musiek wat tydens etes gespeel word. Lofsangmusiek word ook tydens ontbyt gespeel. – Deur Innike du Toit (Vooruit-redaksie)

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal