
Die O/14 & O/15 7’s rugbyspanne van die Hoërskool Diamantveld, het op 14 & 15 Oktober 2016 aan die JARU 7’s rugbytoernooi in Rustenburg deelgeneem. Die spanne het puik presteer met die O/15-span wat Rustenburg 17-14 klop in die finaal en as kampioene terug gekeer. Die O/14-span het in die plaat semi-finaal teen H/S Kroonstad se O/15-span vasgeval.
Na afloop van ‘n suksesvolle toernooi het die spelers die oorwinning behoorlik gevier by Sun City se Valley of the Waves. Baie geluk aan hierdiespanne.
Uitslae van die toernooi:
O/15
Wen Rustenburg B, 37 – 0
Wen Jeugland, 15 – 5
Wen Kroonstad, 17 – 7
Wen Hans Moore, 36 – 0 (Semi-finaal)
Wen Rustenburg A, 17 – 14 (Finaal)
O/14
Wen Bergsig, 19 – 15
Wen Bellford, 27 – 5
Verloor Ovekruin, 10 – 31
Verloor Benoni, 12 – 19
Verloor Kroonstad, 7 – 14 (Plaat semi-finaal)