Huis Rochér Huisleiers 2024. Huis Rochér se naam is gevestig in 2023 en vernoem na Mnr P.C Rochér. Hy was die skoolhoof van Hoërskool Fichardtpark vanaf 1997 tot 2000.
Die Huis Rochér huisleiers van 2024 is:
- Minandie Vorster
- Anja Fourie
- Anell Standers
- Ethan Burger
- Wian Bekker
- Riyaaz Lamont
Huis Rochér staan bekend as die Rooi Huis. Die rooi in die huiswapen simboliseer krag en dominansie saam met die blou wat deel is van Fichie-wees.
Die arend is simbolies vir eerlikheid, krag, wysheid en vryheid. So simboliseer die kroon outoriteit, oorwinning en tradisie terwyl die sterre verwys na die hoë hoogtes wat Huis Rochér wil aanhou bereik.
Huis Rochér se slagspreuk is Veni Vidi Vici – “I came, I saw, I conquered.” Huis Rochér het geskiedenis gemaak deur altwee bekers in sy ontstaansjaar te wen!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








