HS Strand se twee jong Bioloë,  Christopher Blair Hooke en Kyle Burns, gaan van krag tot krag. Kyle het die afgelope naweek sy toekenning vir uitmuntende diens ontvang. Hy het die skool se naam hoog gehou tydens die prysuitdeling waar hy ‘n puik toespraak gelewer het. Kyle, baie geluk met jou diamantstatus-toekenning!

Christopher het reeds verlede jaar sy diamantstatus-toekenning ontvang, maar daar is steeds geen einde aan sy ywer nie. Hy het op dieselfde geleentheid as Kyle ‘n duikkursus gewen by die akwarium a.g.v sy ongelooflike toewyding van 506 ure vrywillige diens. Geniet elke oomblik as jy in daardie groot tenk duik. Ons is trots op hierdie twee Arende…knap gedaan!

Become a Sponsor