Die afgelope naweek het die 1ste en 2de Seuns hokkiespanne na Kimberley gegaan om deel te neem aan die Diamantveld – Aliwal-Noord Sportdag. Die uitslae was as volg:

1ste Seuns:

Uppies vs Diamantveld – Wen 2-0

Uppies vs Aliwal-Noord – Wen 5-0

Soos gewoonlik het hierdie span puik gehalte hokkie gespeel en gemaklik met die twee oorwinnings weggestap. Hierdie span toon die ware toonbeeld van toeweiding en liefde vir die sport. Uppies is geweldig trots op hul en hul afrigter, Mnr. SD Botes.

2de Seuns:

Uppies vs Aliwal- Noord 0/18A – Verloor 2-0

Uppies vs Diamantveld 0/16 – Verloor 2-0

 

1ste Seuns foto:

Ager vlnr: Hein Neser, Mnr. SD Botes, Brendon George, Hendri de Beer, Gerhard janse van Vuuren, Cobus Fourie, Julian Oraine, JP Louw.

Voor vlnr: Morne Dlephu, Wilfred Titus, Theuns Theunissen, Cyrikus Cloete, Joshua Coghlan.

Become a Sponsor