)

Hoërskool Duineveld nuwe 2020 personeel

Foto links: Vlnr: mnr. MC Höll, mev. Marisa Botes en mnr. Derik Zeelie. Foto regs: Dr. Albert Rooies Andrianatos.

Hoërskool Duineveld, Upington, is bevoorreg om vier nuwe personeellede vir 2020 in die Velties se midde te verwelkom.

Dr. Albert Rooies Andrianatos, nuut-aangestelde skoolhoof, is reeds bekend aan die Velties Gemeenskap deur vroeëre bekendstelling. Klik gerus op:

https://schoolsthatrock.co.za/category/schools/hoerskool-duineveld/

Die ander drie nuwe Velties is van links na regs, mnr. MC Höll, mev. Marisa Botes en mnr. Derik Zeelie.

Mnr. MC Höll het sy skoolloopbaan afgesluit in 2015 by Hoërskool Wolmaransstad. Hy het sy B.Ed Meganiese Tegnologie graad by die PUK verwerf in 2019. Veltieland is dus sy eerste skool. Mnr. MC Höll gaan Motorwerktuigkunde aan die graad 10 tot 12’s gee en Tegnologie aan die gr. 8 en 9’s. Hy gaan ook betrokke wees by rugby- en krieketafrigting. En dames…. hy is nog ongetroud en sonder ‘n meisie!

Mev. Marisa Botes is ‘n Oud-Upingtonner wat aan Hoërskool Upington gematrikuleer het. Sy het haar BSc Verbruikersstudie graad aan die PUK studeer vanaf 2010 tot 2012 en daarna haar NGOS gedoen deur UNISA.

Mev. Botes se eerste skool was Hoërskool Grenswag in Rustenburg. Sy was tot onlangs betrokke by Hoërskool Kalahari in Kuruman. Sy gaan Verbruikers aanbied aan die gr. 10 tot 12’s asook SW aan die gr. 8 en 9’s.

Mnr. Derik Zeelie is ‘n ou bekende in skolerugby in die Noord-Kaap. Hy is ‘n afrigter van formaat en het al diens gedoen by vele spanne. Tot onlangs was hy betrokke by die Griekwas o/18 Cravenweekspan die afgelope twee jaar. Mnr. Zeelie het sy Diploma in Hout- en Metaalbewerking aan die Boland Kollege in Wellington behaal in 1996. Mnr. Zeelie het in 1997 begin by Hoërskool JG Meiring in Goodwood. Mnr. Zeelie het sy skoolloopbaan afgesluit by die Hoërskool Calvinia. Hy gaan Wiskundige Geletterheid en IGO (gr. 10 en 11) doseer. Mnr. Zeelie is getroud met Lorika en is geseën met twee pragtige dogters. Chris-Mari begin haar gr. 8 skoolloopbaan nou by Velties en Loané is nog in graad 6 in Prieska.

Ons wens hierdie vier nuwe Velties net die beste toe met hul nuwe uitdaging. Kom ons, as Veltieland Gemeenskap, gee hulle al ons ondersteuning sodat hulle net die beste vir ons kinders kan gee.

 

#VeltielandUpington #VeltiesPersoneel #WaarsDitLekker

Become a Sponsor

Related Posts

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge. Hoërskool Kalahari, Kuruman is ongelooflik trots op SJ Everts en Eoghan van Wyk, wat die afgelope naweek by die Teemane Karateklub se Winter Challenge in Christiana…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal