EHS Krieket. Die Erries het die nuutste toevoeging tot die EHS-terrein gevier met ’n amptelike openingseremonie van die spreiligte op die krieketveld. EHS is een van enkele skole in die Hoëveld wat met hierdie fasiliteit kan spog.
Die seremonie het onder andere ’n 20-boulbeurt matrieks-teen-die-res-krieketwedstryd ingesluit. EHS Krieket bedank die borge wat hierdie toevoeging tot die Errie-kampus moontlik gemaak het.
EHS sien uit na opwindende aandwedstryde wat nog hier gespeel gaan word.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf