Durbies Mini Netbal. Hoërskool Durbanville se “jongspan” A-spanne het 17 Mei Durbies Mini Netbal Ligawedstryde teen Eversdal in Durbies se binnebaan gespeel.
Hoërskool Durbanville Voorbereiding se 0/9A span het, die 0/10A, 0/11A, 0/12A en 0/13A spanne van Laerskool Durbanville, asook al die spanne van Laerskool Eversdal verwelkom. Dit was Inderdaad ‘n opwindende middag!
Dit was sò pragtig om die klein tot amper-groot meisies in ons Aktiwiteitsentrum in Aksie te sien. Vir die meisies was dit ook ‘n absolute voorreg. Hulle het gevoel soos professionele netbalspelers! Die 0/13A span het ‘n asemrowende wedstryd gespeel teen Eversdal en die skare was op hul voete.
Pragtige oorwinning aan die Durbies.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf