“Die Kaplyn.” ‘n Handjievol van Hoërskool Ermelo se junior toneelspelers het op Sondag, 5 Mei, die AfriForum Teater te Pretoria besoek. Die besoek was vir diebywoning van die welbekende produksie – “Die Kaplyn”.
Dié verhoogproduksie getuig van ure se toewyding en hope talent en die Erries het die geleentheid as uiters leersaam beskou. Hulle terugvoer was briljant. Die groepie prys Jannes Erasmus, sowel as sy span, vir ‘n uitstekende musiekblyspel en treffende tegniese elemente.
Hulle bedank AfriForum ook dat hul die kunste en die verhoog gebruik om die jeug te inspireer. Terselfdertyd herinner hulle die leerders aan die ryke Afrikanergeskiedenis.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf