
O/13 KRIEKETTOERNOOI: Met trots kyk ons terug op nog ‘n baie suksesvolle Diamantveld O/13 Pro20 Aandreeks aangebied deur Laerskool Staats. Dit was ‘n voorreg vir Diamantveld om vanjaar weer by hierdie spog toernooi betrokke te kon wees. Nege O/13 krieketspanne vanuit die sentrale streek het sake uitgespook om die titel. Diamantveld is trots om deur middel van hierdie toernooi die geleentheid te skep vir O/13 krieketspelers om hulle talente en passie vir die sport uit te leef.
Baie geluk aan Kimberley Junior School wat met hulle 9 paaltjie oorwinning oor Laerskool Eureka gekroon is as die 2016 kampioene. Hierdie is die eerste keer wat Kimberley Junior die titel verower en in 5de bestaansjaar van die toernooi ons 4de kampioen.
2012 & 2013 – Laerskool Eureka
2014 – Laerskool Staats
2015 – Laerskool Newton B
2016 – Kimberley Junior School (foto heel bo)
In 2016 is daar ook ‘n plaat afdeling toegevoeg tot die toernooi. Laerskool Staats en Laerskool Hartswater het sake uitgespook om die plaat titel. Na ‘n baie spannende wedstryd het Laerskool Staats (foto onder) met die louere weggestap.
Gedurende die toernooi het spelers uitstekend presteer en puik individuele prestasies gelewer. Die volgende spelers is na afloop van die toernooi aangewys as die spelers van die toernooi in die verskillende kategoriee:
Bouler van die toernooi – Theron van der Merwe (Eureka) (foto links onder)
Speler van die toernooi – Carlo Louw (Hopetown) (foto middel onder)
Kolwer van die toernooi – Kishaan Thomas (Kimberley Junior) (foto regs onder)
Met die toernooi agter die rug vereer ons ook die top spelers gedurende die toernooi. Die top 24 spelers volgens statistieke is gekies om in twee Diamantveld uitnodigingsspanne mee te ding. Hierdie wedstryd het plaasgevind op Donderdag 3 November 2016 by Diamantveld.
‘n Spesiale woord van dank gaan uit aan Laerskool Staats vir die aanbied van nog ‘n baie suksesvolle Diamantveld O/13 Pro20 Aandreeks.
Become a Sponsor