“Met kind” – kort film deur een van ons eie!!

Carmin Coetzer, `n oud-Uppie en ook bekende in televisie- en dramakringe, vertoon eersdaags haar nuwe kort film, Met Kind, hier in Upington.

Op Vrouedag, 9 Augustus, kan die hele Upington die film vir die eerste keer sien in die teater by die Pick `n Pay Sentrum.

Sowat 3 jaar gelede het mev. Lesley Swart, drama onderwyser by Hoërskool Upington, vir Carmin `n eenvrou vertoning geskryf, In Kamera, waarmee sy deur Gauteng getoer het.

Carmin en Darren Kelfkens (Joe van Egoli) het toe saamgwerk en “In Kamera” verwerk tot `n kortfilm “Met Kind”, waarvan die premiere 9 Augustus in Upington sal wees. Darren Kelfkens is die regisseur en Burgerd Botha van Romanz het die titellied van die film geskryf. Carmin en vele ander bekendes tree op in dié film.

Carmin en Lesley Swart het al `n lang verbintenis en Carmin dra dan ook die kortfilm aan Lesley op omdat sy vir haar en vele ander kinders se passie vir teater en film verantwoordelik is.

Wat `n voorreg vir Hoërskool Upington dat van hul oud-leerlinge op so `n manier terugploeg in hul Alma Mater.

Ons sien daarna uit om vir Carmin hier te ontvang.

Hou dus u dagboek naby, omkring 9 Augustus en kom kyk na “Met Kind” hier in Upington op 9 Augustus, tyd: 20:00.

Become a Sponsor