Gedurend die afgelope langnaweek het die O/15 tennis span van Paul Roos deelgeneem aan die O/15 Nasionale Tennis toernooi in Pretoria. Die toernooi was vanjaar aangebied deur HS Waterkloof en is gespeel by onder andere Waterkloof, Affies, St.Mary’s (DSG) en Pretoria Boys High.
Die Paul Roosers het hulself uitstekend van hul taak gekwyt en die silwer medalje gewen onder die 10 genooide skole wat deelgeneem het. In die finaal het die PRG span ongelukkig teen ‘n baie sterk span van die gasheer skool, Waterkloof, vas geval.
Die Paul Roos span was verteenwoordig deur: Joshua Swanepoel, Jacques Mieny, Ingo Reuter, Daniel Beukes, Luca Link, Heinrich Terblanche en Luc Brewis
Die 10 skole was opgedeel in twee groepe en ‘n rondomtalie toernooi het plaasgevind tussen die skole in elke groep. Aan die einde van hierdie fase het die twee groepe oorkruis teen mekaar gespeel ten einde die 2 beste skole te bepaal.
Die PRG span was ingedeel saam met die 1ste ge-keurde, Waterkloof. Gedurende die rondomtalie fase het die Paul Roos manne verloor teen Waterkloof, maar verder al hul wedstryde gewen en sodoende tweede in hul groep ge-eindig. In die oorkruis semi-finaal het Paul Roos met ongelooflike veggees en durf vir Grey College, wat eerste in hul groep was, met 5 – 4 gewen. Hierdie semi-finaal was uiters spannend en die oorwinning was eers moontlik nadat die PRG manne die finale dubbels  wedstryd met 8 – 4 gewen het. Waterkloof het vir Affies met 5 – 0  in hul semi-finaal gewen.
Paul Roos het in die finaal dus weer teen Waterkloof te staan gekom. Die PRG manne was ongelukkig nie opgewasse vir die aansklag van die gasheer skool nie en het moedig baklei maar, ongelukkig met 1 – 5 verloor. Die span het ongelooflike ervaring opgedoen, wat waardevol vir hul ontwikkeling en vir die toekoms sal wees.
Die uitslae van die Paul Roos span was as volg gedurende die toernooi:
PRG wen St. Benedicts: 9 – 0 (72 potte – 15 potte)
PRG wen Menlopark: 9 – 0 (72 potte – 24 potte)
PRG verloor teen Waterkloof: 0 – 9 (25 potte – 72 potte)
PRG wen Selborne College: 6 – 3 ( 57 potte – 33 potte)
PRG wen Affies: 5 – 4 (Semi-finaal)
PRG verloor teen Waterkloof: 1 – 5 ( Finaal)
Die finale stand van sake na die toernooi was as volg:
- Waterkloof
- Paul Roos
- Grey
- Affies
- Diamantveld HS
- Pretoria Boys High
- Selborne College
- Menlopark
- St.Benedicts
- Nelspruit
Baie geluk aan hierdie Paul Roos spelers wat die skool met trots verteenwoordig het!
Die PRG Span is as volg op die foto bo:
Agter van links na regs: Jacobus Swanepoel (Afrigter), Heinrich Terblance, Joshua Swanepoel, Jacques Mieny, Ingo Reuter, Luc Brewis, Luca Link en Daniel Beukes