Die Hoër Jongenskool Paarl het op 20 September 2016 hulle Uur-atletiekbyeenkoms gehad.
TRADISIE MET ‘N TOEKOMS
Hierdie frase omskryf die etos van die Hoër Jongenskool Paarl. Hoewel ons een van die oudste skole in Suid-Afrika is, is ons bly om deel te wees van die elektroniese snelweg van die 21ste eeu. Dit bied ons die geleentheid nie net om in voeling te bly met duisende oudstudente van dwarsoor die wêreld nie, maar ook om nuwe vriende te maak.
Ons is gretig om van ander te leer, asook om terselfdertyd ander mense aan ons sentrum van uitnemendheid met sy drie tradisies van goeie gedrag, goeie leerlingskap en goeie sportmanskap bekend te stel.