Con Spirito. Foto: Voor: Mardi van Niekerk en Kara McKenzie
Agter: Siyabonga Makhanta, Miané Swanepoel, Layla Greyling, Janeske Janse van Rensburg en Johanco Griesel.
Sewe leerders van Hoërskool Ermelo het die jaar aan verskeie Con Spirito-kunswedstryde deelgeneem en uitstekend gevaar.
Deelnemende Leerders
Die leerders wat deelgeneem het is:
- Kara Mckenzie,
- Layla Greyling,
- Johanco Griesel,
- Miané Swanepoel,
- Janeske Janse van Rensburg,
- Siyabonga Makhanya en
- Madri van Niekerk
Kara Mckenzie
Kara Mckenzie word by die Con Spirito aangewys as die Nasionale kategoriewenner vir die Beste kreatiewe skryfstuk in die afdeling “Hoërskool Graad 8 en 9”. Sy het in elke kategorie as itemwenner weggestap. Kara behaal 94% vir Kreatiewe skryfwerk in English poetry en 98% vir English essay. Vir Kreatiewe skryfwerk in Afrikaans poësie behaal sy 95% en haar Afrikaanse opstel behaal 98%. In alle items neem sy deel aan die Nasionale Forte rondte.
Layla Greyling
Layla Greyling is die itemwenner by Con Spirito in “Vocals without backtrack – English World Music” waarvoor sy 94% behaal, asook vir ‘n voorbereide gedig lees waarvoor sy 94% ontvang. (Vir voorafgenoemde twee items het sy deelgeneem aan die Nasionale Forte rondte). Tydens die eerste rondte behaal sy 93% vir voorbereide lees, 94% vir Drama poësie en 93% in Acting poetry.
Johanco Griesel
Johanco Griesel slaan ’n allemintige 97% los met sy kunswerk in die afdeling: Grys potlood en ontvang die itemwennerprys vir deelname aan die Nasional Forte rondte. Hy behaal ook 90% vir Afrikaans Redenaars (Eerste rondte).
Miané Swanepoel
Miané Swanepoel word aangewys as itemwenner vir Lees: Afrikaans Voorbereide Bybellees met 96% asook vir Kreatiewe skrywer Afrikaanse opstel met 96%. Sy ontvang ook ’n 94% vir haar deelname aan die Nasionale Forte rondte in Fotografie. (Sy neem ook deel aan die Nasionale Forte rondte met al haar items).
Janeske Janse van Rensburg
Janeske Janse van Rensburg is die wenner van Afrikaanse Redenaars met 99% en ook die wenner in die Lees: Afrikaans voorbereide Bybellees-kategorie met 96%. (Sy neem deel aan die Nasionale Forte rondte met al haar items).
Siyabonga Makhanya
Siyabonga Makhanya ontvang ’n 97% vir die Prepared Bible reading (deelname aan die eerste rondte).
Madri van Niekerk
Madri van Niekerk maak skoonskip in al haar items as itemwenner: Olie pastelle (99%), Houtskool (99%), Olie verf (99%), Grys potlood (99%), Kleurpotlood (98%). Sy ontvang dan ook die toekenning vir die beste Hoërskool Kunsleerder. (Alle items tydens die Nasionale Forte rondte.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto voorsien










