Fast Five Netbalspanne. Foto: Die o.18-Flames van Hoërskool Ermelo
Hoërskool Ermelo spog met twee Errie Fast Five netbalspanne wat deur is na die Mpumalanga uitspele.
Op Saterdag 31 Augustus het drie van Erries se Fast Five netbalspanne deelgeneem aan die Gert Sibande-uitspele te Secunda.
Die spanne het hul uitstekend van hul taak gekwyt en het met oorgawe gespeel.
o.15-Jaguars eindig sewende in Gert Sibande, die o.15-Fireballs (’n o.14-span wat in die o.15-liga speel) eindig derde in Gert Sibande en die o.18-Flames behaal ’n pragtige tweede plek.
o.18-Flames en die o.15-Fireballs dring deur na die Mpumalanga-uitspele wat binnekort plaasvind.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s voorsien
Become a Sponsor








