)

Interskole Netbal 2024 – Hoërskool Durbanville teen Stellenberg

Interskole Netbal 2024. Die afgelope naweek het die interskole tussen Hoërskool Durbanville en Hoërskool Stellenberg in Kaapstad plaasgevind. Wat die netbal betref is daar min woorde vir Hoërskool Durbanville se o.16A wedstryd. Die geskiedenis tussen die twee spanne van Durbanville en Stellenberg loop diep en almal betrokke sit hart, siel en lyf in. Die Durbie vlam het gebrand bloed en sweet. Durbies wen die Interskole wedstryd en sluit die jaar dus af met 3/3 oorwinnings teen Stellenberg.

Durbanville se báie sterk o.16B span het ook, soos altyd, met baie passie en vaardighede gespeel en wen toe sommer met 11 doele!

Op ‘n nat glipperige baan, het die o.16C span ‘n stadige wegspring gehad, maar het geseëvier met ‘n skitterende oorwinning van 25-9. Durbanville se o.16D span se wedstryd was Intens, glad en koud, maar vol opwinding!

O.15 Netbal

Durbies se o.15 A en B spanne het Dinsdag, 13 Augustus op Stellenberg se binnebaan gespeel omdat die o15s die naweek deelgeneem het aan die Kay Motsepe Toernooi. Die atmosfeer was elektries en die B -span het dié titaniese stryd met een doel gewen. Die A-span het stadig begin en verbete terug geveg in die tweede helfte. Saterdag het al die spanne baie hard gewerk in die koue wind. 15 C het ‘n ongelooflike dag gehad. Hulle het in die liga met 7 punte verloor teen Stellies. Die interskole het hulle met net 1 punt verloor na ‘n fantastiese wedstryd.

15D het in die liga verloor met een punt en interskole gewen hulle met 9 punte.

O.17 Netbal

Durbanville se o.17A netbalspan het hul harte uitgespeel teen ‘n baie goeie Stellies span.

17B het hul heel beste vir laaste gehou. Puik spel, hul sluit die seisoen af met ‘n 21-doel oorwinning! O.17C speel weer soos ‘n A-span en sluit ook die seisoen af met ‘n oortuigende wen. O.17D het baie stadig weggetrek maar het in die tweede helfte terug gekom met ‘n ysterpoging! Hulle het ingehaal en was op ‘n stadium slegs 3doele agter! “Super comeback” maar Stellies wen die een.

O.14 Netbal

Durbies se o.14s het amper skoonskip gemaak. Die o.14A’s het ongelukkig na ‘n wipplank-wedstryd op die nat en reënerige oggend ongelukkig verloor. Die dogters het wel besonderse veggees gewys.

Durbanville se o.14B span het vroeg beheer geneem in die wedstryd en hulle talente ten toon gestel met n weghol oorwinning! o.14C was ‘n ruk agter maar het baie goed teruggeveg en het met ‘n gelykop uitslag geeïndig.

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/

https://durbanvillehs.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal