Stellenbosch Eisteddfod. Meer as 30 leerders van Hoërskool Strand het hierdie jaar in verskeie kategorieë deelgeneem aan die Stellenbosch Eisteddfod.
Die volgende prestasies verdien spesiale vermelding:
- Lishke Fouché en Madi Visser het Cum Laude in Visuele Kuns behaal
- Kayden Shand, Mia Myburgh en Michael Ruzvidzo het Cum Laude in Woordkuns behaal
- Megan Cocklin het Cum Laude in drie Musiekitems behaal.
- Emmeri Harris (graad 12) het een Cum Laude en twee goud in Visuele Kuns behaal. Sy is ook die Eisteddfod wenner van die Beeldhou-afdeling in haar ouderdomsgroep. Emmeri is ook as een van 2024 se medalje-wenners aangewys.
- Mari de Kock (graad 12) behaal ‘n Silwer Plus, Goud Plus en twee Cum Laude sertifikate vir Visuele Kuns. Sy is ook as ‘n medalje-wenner aangewys.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za/
Foto verskaf
Become a Sponsor








