)

Rugby Kaptein – Kurt Coetzee van Hoër Landbouskool Oakdale

Rugby Kaptein. In ons gewilde reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met Kurt Coetzee. Kurt is die 1ste Rugbyspan Kaptein van Hoër Landbouskool Oakdale in Riversdal. Vandag druk Kurt die negende drie in ons reeks vanjaar oor Rugby Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika en Namibië.

“Ek het reeds op die ouderdom van sewe begin rugby speel. Die rede waarom ek van rugby hou, is omdat ek baie leer van rugby wat ek op die lewe van toepassing kan maak. Ek het begin rugby speel want my broer het my aan die sport blootgestel.

Toe ek my eerste wedstryd gespeel het, onthou ek dat ek uitgesien het om elke oomblik daarvan te geniet. Ek het ook besluit om ook die beste daarvan te maak. Wat ek ook van my eerste wedstryd onthou is die yskoue oggend en my voete wat gebrand het van die nat, koue gras.

Toe ek die eerste keer as Rugby Kaptein op die veld gedraf het, was ek baie opgewonde met so klein bietjie butterflies, maar tog reg om die taak aan te vat. Ek was toe in Graad 3.

Raad aan beginners

My raad aan beginners is dat hulle elke oomblik moet geniet. Maak die beste daarvan, maar werk hard om jouself  met elke wedstryd te verbeter en jou alles te gee, want jy weet nooit watter wedstryd is jou laaste nie.

Ek hou my span gemotiveerd tydens wedstryde, selfs wanneer dit nie goed gaan nie, deur positiewe woorde. Ek herinner ook wie hulle is en ook vir wie hulle elke oomblik speel. Volgens my moet ‘n goeie rugbyspeler bekik oor nederigheid en volharding. Verder moet jy ook elke oomblik op ‘n rugbyveld die beste maak en jouself verbeter as speler.

As Rugby Kaptein is my sleutel tot sukses op die rugbyveld die ondersteuning van my skoolmaats en my spanmaats wat saam met my swaarkry by elke oefening deur die week.

My lekkerste rugbywedstryd sover was ons wedstryd teen Hoërskool Outeniqua van George. Elke speler het dit geniet en hulle alles gegee, maak nie saak wat nie. My slegste wedstryd? Wel, nie een nie, want met elke wedstryd het ek iets geleer en dis al manier hoe jy sal verbeter.

Paul de Villiers

Wanneer ek ‘n moeilike wedstryd agter die rug het, vra ek hulp of raad by Paul de Villiers, van die Stormers. My grootste rugbyheld is Cheslin Kolbe. Die passie wat hy vir rugby het is ongelooflik. Hy speel elke oomblik sy hart uit en hy is ook baie nederig.

My persoonlike rugbydoelwit wat ek graag vanjaar wil bereik is dat ek SA-Skole wil speel. Ek beoog ook om beslis voort te gaan om rugby na skool te speel want ek wil vir die Springbokke speel. My grootste enkele hoogtepunt van my rugbyloopbaan tot dusver was toe ek in Graad 11 gekies is om Cravenweek te speel.

Ander sportsoorte waaraan ek deelneem, buiten rugby, is atletiek en krieket.

Indien ek kan kies om koffir te drink saam met ‘n professionele rugbyspeler, sal dit Bundee Aki wees. Hy is ‘n professionele Rugby Unie speler. Hy speel “centre” vir die Connacht club.”

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za 

https://oakdale.co.za

Foto verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal