Mnr & Mej Errie. Hoërskool Ermelo se Mnr en Mej Errie 2024 was ’n spoggeleentheid wat die gehoor weggevoer het na “Harlem nights”. Dit was ’n skouspelagtige aand met hope talent en pragtige uitrustings!
Die 21 deelnemers het indrukwekkend gelyk en hulle het met selfvertroue die verhoog aangedurf. Hulle het ook ’n deel van hul persoonlikheid gedeel.
Die volgende leerders word gekroon as:
- Mej Errie: Mia Davel
- Mnr Errie: Rinus Louw
- Eerste prinses: Lana Te Water
- Eerste prins: Tredoux Ferreira
- Tweede prinses: Lenize Nel
- Tweede prins: Carel Jacobsz
- Mej Errie Fotogenies: Chrizanne Joubert
- Mnr Errie Fotogenies: Pieter Landman
- Mej Errie Persoonlikheid: Amori Prinsloo
- Mnr Errie Persoonlikheid: JF Moller
Só ’n geleentheid is nie moontlik sonder die hulp van borge nie en EHS is dankbaar vir elke borg wat bygedra het op welke manier ook al.
Spesiale dank gaan aan ds. Schalk Zastron wat die aand as seremoniemeester opgetree het.



Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








