PSI-Nasionale Hokkie toernooi. Hoërskool Ermelo leerder, Miané Swanepoel, Is besig om haar hokkie-talent te slyp. Miané het vanaf 13 tot 18 Desember 2023 aan die PSI-Nasionale hokkie toernooi (Pro Series Indoor) te Kaapstad deelgeneem.
Sy was deel van die o.14 Mpumalanga “Black Mambas” (A-span). Die span eindig vyfde in die A-afdeling en algeheel sewende van 36 spanne.
Gedurende die toernooi het die Nkosi Cup-kampioenskap ook plaasgevind en kon die spelers wêreldklaswedstryde tussen Suid-Afrika, Ierland, Namibië en Amerika bywoon.
Die PSI-toernooi is ‘n ongelooflike geleentheid en bied soveel ondervinding en ontwikkeling aan elke hokkiespeler.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








