Internasionale Skole Rugby. Na die o.18 Internasionale skole rugby wedstryde wat in die Wes-Kaap gedurende Augustus plaasgevind het, het ‘n groep verslaggewers van die verteenwoordigende lande (Engeland, Suid-Afrika, Australië en Nieu-Seeland) hul droomspan gekies. Vier spelers van Suid-Afrika is gekies vir hul Wêreld O.18 Droomspan.
Jaco Grobbelaar, Hoërskool Fichardtpark se hoofseun van 2023, is een van die SA skole rugby spelers wat ingesluit is in hierdie Wêreldspan.
Ander Suid-Afrikaanse skole rugby spelers wat ingesluit is in die span:
- Jean Erasmus, Grey Kollege
- Divan Fuller, Hoër Jongenskool Paarl
- JC Mars, Hoër Jongenskool Paarl
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto verskaf
Become a Sponsor








