)

Rugby Kapteins – Schools That Rock gesels met JJ Theron

Rugby Kapteins. In ons gewilde reeks oor sport kapteins, gesels Schools That Rock vandag met JJ Theron. JJ is die kaptein van Grey Kollege se 1ste rugbyspan. JJ druk vandag die vierde drie in ons reeks vanjaar oor Rugby Kapteins van hoërskole in Suid-Afrika.

“Ek het begin rugby speel toe ek sewe jaar oud was. Ek geniet die spel van rugby want dit is ‘n spansport en jy kan die uitdagings en geluk met vriende deel. Met my heel eerste wedstryd was ek maar bang en onseker omdat dit vir my nuut was. Wat ek van my eerste wedstryd kan onthou, is dat ek die heel eerste keer wat ek die bal in hand gehad het, het ek dwarsdeur gehardloop en my eerste drie gedruk.

Die eerste keer wat ek as kaptein op die veld gedraf het, was ek baie trots op myself gewees, maar terselftertyd ook op my senuwees.

My raad aan beginners is dat jy honderd persent van die kanse wat jy nie vat nie mis. So, werk hard, bly gemotiveerd en die heel belangrikste, geniet dit.

Eerste keer as kaptein gekies

Ek was in laerskool verkies as kaptein maar het eers waarde daaraan geheg toe ek vir die 0/15 span as kaptein verkies was. Ek speel tans agsteman. Die enigste posisies wat ek nog nie gespeel het nie is haker en skrumskakel. Ek is baie tevrede met my huidige posisie omdat ek daar my talent ten volle kan gebruik.

Ek hou my span gemotiveerd deur ‘n voorbeeld te stel. Verder bly kalm en fokus op ons span se doelwit ter alle tye. Nederigheid, dissipline en deursettingsvermoë is vir my belangrike eienskappe van ‘n goeie rugbyspeler. As rugby kaptein is my sleutel tot sukses om ‘n voorbeeld te stel deur kalm en gefokus te bly op ons doel ten alle tye.

Dít wat my elke keer, wanneer ek op die rugbyveld draf, inspireer is Grey Kollege, afrigters en ondersteuners. Dit is my grootste inspirasie.

My lekkerste wedstryd tot dusver in my rugby loopbaan, is beslis toe ons teen Paarl Gimnasium gespeel het by die Noord-Suid toernooi vroeër die jaar. Daar is geen wedstryd wat ek graag wil vergeet nie omdat jy die meeste leer uit ‘n slegte wedstryd. As daar wel een moes wees sal ek gaan met Hoër Jongenskool Paarl toe ek ‘n baie ernstige gesig-besering opgedoen het in 2021.

Beste rugbybesluit

My beste rugby besluit ooit was by verre om na Grey Kollege toe te kom. Na ‘n moeilike rugby wedstryd is my afrigters my beste raadgewers.

My grootste rugbyheld is Richie McCaw omdat hy ‘n uitstekende leier is sowel as ‘n baie goeie rugbyspeler.

As rugby kaptein is my persoonlike rugby-doelwit vir hierdie jaar om Grey Kollege by die SA-skole span te verteenwoordig. Nog ‘n baie groot doelwit vir my is om Grey Kollege se 1ste span na ‘n suksesvolle seisoen te lei. Ek wil baie graag ook na skool ‘n loopbaan uit rugby maak op professionele vlak.

Ek probeer om ‘n baie gebalanseerde verhouding te behou tussen rugby, akademiese en sosiale verantwoordelikhede deur tydsbeplanning en spanmaats wat my ondersteun.

My grootste enkele hoogtepunt van my rugby loopbaan tot dusver was toe ek my naam op die 1ste rugbyspan se lys sien.

My ander sport-aktiwiteit, buiten rugby, is atletiek.

Die professionele rugbyspeler met wie ek graag wil koffie drink, is Duane Vermeulen.

As ek myself as rugby kaptein in een woord moet beskryf is dit Doelgerig.

“I started playing rugby when I was seven years old. I enjoy the game of rugby because it is a team sport, and you can also share the challenges and happiness with friends. With my very first game, I was scared and insecure because it was new to me. What I can remember from my first game is that the very first time I had the ball in hand, I ran right through and scored my first try.

The first time I jogged onto the field as captain, I was very proud of myself, but at the same time also on my nerves.

My advice to beginners is that you miss one hundred percent of the chances you don’t take. So, work hard, stay motivated and most importantly, have fun.

I was elected captain in primary school but only valued it when I was elected captain for the 0/15 team. I’m currently playing number eight. The only positions I haven’t played are hooker and scrum-half. I am very happy with my current position because there I can use my talent to the fullest.

Motivation

As rugby captain I keep my team motivated by setting an example. Furthermore I remain calm and always focus on our team’s goal. Humility, discipline, and perseverance are important qualities of a good rugby player for me. As rugby captain, my key to success is to set an example by staying calm and always focused on our goal.

What inspires me every time I jog on the rugby field is Grey College, coaches and supporters. That’s my biggest inspiration.

My most enjoyable game so far in my rugby career was when we played against Paarl Gymnasium at the North-South tournament earlier in the year. There’s no match I’d like to forget because you learn the most from a bad match. If there did have to be one, I would go with Paarl Boys’ High when I suffered a very serious facial injury in 2021.

My best rugby decision ever was by far to come to Grey College. After a tough rugby match, my coaches are my best advisors.

My biggest rugby hero is Richie McCaw of New Zeeland because he is an excellent leader as well as a very good rugby player.

My personal rugby goal for this year is to represent Grey College at the SA schools’ team. Another big goal for me is to lead Grey College’s 1st team to a successful season. I would also like to make a career out of rugby at professional level after school.

I try to maintain a very balanced relationship between rugby, academic and social responsibilities through time planning and teammates supporting me.

My biggest single highlight of my rugby career so far was seeing my name on the 1st rugby team’s list.  

My other sporting activity, besides rugby, is athletics.

The professional rugby player I would like to have coffee with is Duane Vermeulen.

If I must describe myself in one word, it is Purposeful.”

More school news: https://schoolsthatrock.co.za

https://greycollegesecondary.com/

Photo supplied

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal