Dogterskrieket. Vir hul tweede wedstryd in slegs drie dae het die 1ste dogters krieket span van Hoërskool Witteberg behoorlik gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.
Dié span van Witteberg het Senekal se B-span op Senekal aangepak. Die kolfblad is eerste deur Witteberg aangedurf. Leozé Lottering en Evané du Toit het omtrent die 4’e en 6’e laat reën.
Leozé slaan 151 lopies van 65 balle sonder dat sy haar paaltjie verloor. Evané du Toit moker ‘n reuse 102 lopies van 39 balle en verloor ook nie haar paaltjie nie. Na die gegewe 20 beurte het Witteberg 305 lopies behaal vir die verlies van slegs een paaltjie.
Witteberg boulers
Senekal word ingestuur om die 306 lopies te jaag, maar Witteberg se boulers het nie op hulle laat wag nie. Sommer vinnig-vinnig was drie penne plat vir slegs vier lopies.
Evané du Toit staan ook uit met die bal deur drie paaltjies in twee beurte te neem. Leozé Lottering, Ziané Lottering en Marichelle Spies neem elk ook twee paaltjies in twee beurte. Nadat die tien penne van Senekal gekantel het, was die guns oortuigend aan die Wittebergers se kant.
Witteberg wen die wedstryd oortuigend met 259 lopies.

Girls cricket. For their second match in just three days, the 1st girls cricket team from Witteberg High School duly showed where David dug the roots. The team from Witteberg took on Senekal’s B-team at Senekal.
The batting line-up was first ventured by Witteberg. Leozé Lottering and Evané du Toit rained about the 4s and 6s. Leozé hit 151 runs off 65 balls without losing her wicket. Evané du Toit scored a mammoth 102 runs off 39 balls and didn’t lose her wicket either. After the given 20 innings, Witteberg scored 305 runs for the loss of only one wicket.
Senekal was sent in to chase the 306 runs, but Witteberg’s bowlers did not keep them waiting. Fast-fast, three pins were flat for only four runs. Evané du Toit also stood out with the ball by taking three wickets in two innings. Leozé Lottering, Ziané Lottering and Marichelle Spies also took two wickets in two innings each. After the ten pins of Senekal tilted, the favor was convincing on the Wittebergers’ side.
Witteberg won the match convincingly by 259 runs.
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
Foto’s verskaf
Become a Sponsor








