Nasionale Presidentskiet. Leibrandt Swart, ‘n Graad 7 leerder van Primêre Skool Jordania in Bethlehem, het gekwalifiseer om deel te neem aan die Nasionale Presidentskiet. Die kompetisie vind op 19 en 20 Augustus plaas.
Vir hierdie geleentheid word daar slegs 20 Juniors genooi om deel te neem. Leibrandt is tans 2de in die land vir die Juniors. Hy het ook gekwalifiseer vir die Nasionale Spanskiet en is deel van Riemland se A-span!
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za
https://www.jordaniaprimer.co.za/
Foto verskaf