)

Netbal Nasionale Kampioenskappe – Oranje maak geskiedenis

Netbal Nasionale Kampioenskappe. Die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein, se vyf A-netbalspanne het geskiedenis gemaak. Hierdie vyf spanne het vir die eerste keer almal in die top-2 in die Vrystaat geëindig. Hiermee het hierdie vyf spanne vir die Netbal Nasionale Kampioenskappe gekwalifiseer.

Vier van Oranje se spanne – die o.14’s, o.15’s, o.17’s en o.18’s – is vanjaar se Vrystaatse kampioene. Die o.16’s is die naaswenner. Die SA’s vind in Augustus in Boksburg plaas.

Dit is slegs die tweede keer in Oranje se netbalgeskiedenis dat vier van die vyf A-spanne die provinsiale wenner is. Dit het ook in 2019 gebeur.

Die eerste span het Vrydag vir Hoërskool Sentraal in die eindstryd met 26-23 geklop. Hiermee het die span die trofee wat in 2019 verower is, behou. Dit was die laaste keer wat die kampioenskappe plaasgevind het. Dit is ook die heel eerste keer wat die o.18A’s in dieselfde jaar die distrik (Motheo)- en provinsiale wenner is. OMS was verlede maand in die Motheo-eindstryd ook teen die Tralies met 39-35 baas.

Oranje het vir Bethlehem Voortrekker Hoërskool in die halfeindstryd met 29-17 verslaan. In die groepfase het Oranje met Hoërskool Wilgerivier (31-14) afgereken. Teen Hoërskool Goudveld (28-13) en Hoërskool Witteberg (44-3) het hulle ook afgereken. Die span het tans ’n wenpersentasie van 93% (41 uit 44). Hierdie span is in die derde posisie op die nasionale ranglys!

Die Hoër Meisieskool Oranje se eerste netbalspan is vir die eerste keer ooit gelyktydig die distrik- en provinsiale kampioen
Die verdediger van Oranje, Reese Thompson vlieg deur die lug teen die Hoërskool Goudveld wat Oranje met 28-13 gewen het

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://oranjemeisies.co.za/

Foto’s verskaf

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal