)

Redenaars – Hoërskool Ermelo leerders sê hul sê

Redenaars. Hierdie week het die Errie-redenaars behoorlik hul sê gesê! Op onderskeidelik Woensdag en Donderdag 23-24 Februarie het al die spraaksamiges onder die Erries vergader om hul oorredingsvermoë op die proef te kom stel.

Vier-en-twintig redenaars het deelgeneem waarvan vyf in die onvoorbereide afdeling. Negentien redenaars het in die onvoorbereide afdeling meegeding het. Hoërskool Ermelo is veral opgewonde oor die aansienlike getal graad 8’s wat aangemeld het. ‘n Pluimpie ook aan Nqobile Zwane en Karabo Nkosi wat aan die Eerste Addisionele Taal-afdeling deelgeneem het.

Die uitslae was as volg:

  • Eerste Addisionele Taal: 1. Nqobile Zwane2. Karabo Nkosi.
  • Juniors Onvoorbereid: 1. Joshua du Toit.
  • Seniors Onvoorbereid: 1. Zané du Plessis 2. Isabelle Moussier 3. Luzaan Durand.
  • Juniors Voorbereid: 1. An-Euné van Niekerk 2. Wianke Cloete 3. Karli van Schalkwyk.
  • Seniors Voorbereid: 1. Marice de Jager 2. Zanéke Ludick 3. Chrizanne Joubert.

Die volgende leerders het ook vir deelname aan die ATKV se streeksuitdunne gekwalifiseer: Mienke Cloete, Frikkie de Winnaar, Carla Ferreira, Lidmari Sheppard, Anke van Biljon, Mariska van Biljon, Hayley van der Walt, Mia van Deventer, Madri van Niekerk en J’lee Willemse.

“Hartlik geluk aan al hierdie leerders met jul uitstekende voordragte. Ons weet dat julle jul uitstekend van jul taak gaan kwyt en ons hou styf duim vas vir die ATKV-streeksuitdunne!”

Foto verskaf

Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za

https://www.erries.co.za/

Become a Sponsor

Related Posts

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball. Lamia Amod Joins the KZN Marlins! St John’s D.S.G. is thrilled to celebrate Lamia Amod, whose exceptional talent and determination have earned her a coveted place in…

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. Psalms 16: 5-7 Thought of the Week –…

Leave a Reply

You Missed

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

KZN Marlins Basketball – St John’s D.S.G. outstanding

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Gedagte vir die Week – Thought of the Week

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

Teemane Karateklub Winter Challenge – Hoërskool Kalahari

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

EP U18 youth rugby – Pearson High School outstanding

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Sharks U18B Team Selection – St Charles College delighted

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal

Vrystaat Provinsiale Danskampioenskap – Hoërskool Sentraal