Erries Graad 12 uitslae. Die Erries is met opgewonde harte dankbaar oor die 2021-matriekuitslae wat na lang afwagting bekend gemaak is op Vrydag, 21 Januarie 2022.
Hoërskool Ermelo se slaagsyfer is ‘n uitstekende 98.9% met slegs een druipeling. 91.5% Van leerders kwalifiseer vir tersiêre studies, waarvan 67.4% universtiteitstoelating he. 24.1% Kwalifiseer vir ‘n diploma.
Die 2021 graad 12’s van Hoërskool Ermelo behaal die volgende simbole: 89 A-simbole, 116 B-simbole (waarvan 26 van dié leerders 78%/79% behaal het) en 137 C-simbole.
Lewensoriëntering behaal 23 A’s, Wiskundige Geletterheid behaal 9 A’s, Wiskunde en Lewenswetenskappe behaal elk sewe A’s. Engels Eerste Addisionele Taal en Besigheidstudies behaal elk ses A’s. Afrikaans Huistaal, Afrikaans Eerste Addisionele Taal en Fisiese Wetenskappe behaal elk vyf A’s.
Drie van die 20 vakke wat by die Erries aangebied word, se gemiddeld is bo 70% en ses vakke bo 60%. ‘n Totaal van 17 vakke spog met ‘n gemiddeld van meer as 55% en 12 uit die 20 behaal ‘n uitstekende 100% slaagsyfer.
Die matrieks van 2021, asook die onderwysers, se gemoedere is oorlaai met trots en vreugde!
Individuele prestasies:
Wat individuele prestasies betref, het die Errie Graad-12’s uitstekend presteer. Nege leerders spog met ‘n gemiddeld van meer as 80%. Vier leerders behaal onderskeidings in al hul vakke.
Hoërskool Ermelo se toppresteerder, Leandri Viviers, spog met ‘n uitstekende gemiddeld van 93.8%. Sy het agt onderskeidings: 99% vir Toerisme, 95% vir Rekeningkunde, 95% vir Fisiese Wetenskappe. Sy behaal ook 94% vir Wiskunde, 93% vir Engels Eerste Addisionele Taal, 93% vir Lewenswetenskappe, 92% vir Lewensoriëntering en 88% vir Afrikaans Huistaal.
Drie leerders behaal sewe A’s: Anke de Kock, Lana Herholdt en Michaela van Rensburg.
Anke de Kock: 92% vir Lewensoriëntering, 91% vir Wiskunde, 89% vir Rekeningkunde, 87% vir Afrikaans Huistaal. Verder behaal sy 87% vir Fisiese Wetenskappe, 86% vir Lewenswetenskappe en 85% vir Engels Eerste Addisionele Taal. Met ‘n gemiddeld ivan 88.1%.
Lana Herholdt: 91% vir Lewensoriëntering, 89% vir Afrikaans Huistaal, 89% Lewenswetenskappe, 88% vir Engels Eerste Addisionele Taal, 88% Fisiese Wetenskappe, 86% vir Rekenaartoeppassingstegnologie, 82% vir Wiskunde. Met ‘n gemiddeld van 87.6%.
Michaela van Rensburg: 93% vir Lewensoriëntering, 92% vir Rekeningkunde, 90% vir Gasvryheidstudies, 88% vir Ingenieurs Grafika en -Ontwerp, 87% vir Wiskunde, 83% vie Engels Eerste Addisionele Taal en 81% vir Afrikaans Huistaal. Met ‘n gemiddeld van 87.7%.
Ses onderskeidings
Eunika Snyman achieved six distinctions and one B-symbol: 92% for Afrikaans First Additional Language, 92% for Life Orientation, 88% for Computer Applications Technology, 88% for Life Sciences, 83% vir Physical Sciences, 81% vir Mathematics and 79% for English Home Language. With an average of 85.7%.
Margha Greyling behaal vyf A’s en twee B’s: 90% vir Lewensoriëntering, 85% vir Engels Eerste Addisionele Taal, 84% vir Afrikaans Huistaal, 80% vir Ingenieurs Grafika en -Ontwerp, 80% vir Lewenswetenskappe, 79% vir Wiskunde en 77% vir Fisiese Wetenskappe. Met ‘n gemiddeld van 82.1%.
Lethu Dlamini achieved four distinctions: 92% for Life Orientation, 88% for Business Studies, 85% for Afrikaans First Additional Language and 82% for Economics. With an average of 80%.
Die volgende leerders behaal elk drie onderskeidings: Jolindi Annandale (gemiddeld van 80.7%), Simthembile Nhlengethwa (average of 65.2%), Nozi Skosana (gemiddeld van 74.6%) en GJ Swanepoel (gemiddeld 80.9%).
Baie geluk aan elke matriekleerder van 2021 wat uitstekend presteer het onder baie moeilike omstandighede.
Congratulations to every matriculant. We are so proud of you!
Dankie vir elke leerder en onderwyser vir harde werk – Hoërskool Ermelo is besonder trots op die prestasies wat die EHS bereik het en ons dank ons Vader in nederigheid oor die seën wat Hy oor EHS stort.
Foto’s verskaf
Meer skolenuus: https://schoolsthatrock.co.za