Dogterskrieket. Erica Gates, leerder van Hoërskool Bothaville, het saam met die Vrystaat O/16 dogterskrieket span getoer na Port Elizabeth. Sy is ook as kaptein van die span aangewys.
Teen Natal Coastal het sy veertig lopies, nie uit nie, waarvan vier grenshoue was. Sy het ook een paaltjie geneem. Sy is ook aangewys as speler van die wedstryd. Teen die O.P. is sy aangewys as die beste kolwer en sy het ook die enigste 6 van die toernooi geslaan. Na aanleiding van haar puik prestasies vir die O/16 span is Erica gekies om die Vrystaat O/19 dogterskrieketspan te verteenwoordig.
Baie geluk met die puik prestasies Erica. al die Bothas is trots op jou.
Foto’s verskaf
#futureprotea#girlscricket#jymaakonstrots#netjoubeste#Bothaville_Hoërskool#Bothas_krieket
Meer nuus: https://schoolsthatrock.co.za
Become a Sponsor








