Matriekklas 2021. Op hierdie winderige dag in Bloemfontein het die matrieks van Hoërskool Fichardtpark finaal van hul almamater afskeid geneem.
Die geleentheid was vol heimwee en trane, met die matrieks wat vir ‘n oomblik kon terugdink aan hul skooljare wat nou ook verby is. Skooljare wat elkeen gehelp vorm het tot die pragtige volwassenes wat binnekort die “grootmens-wêreld” sal betree.
Toesprake is deur verskeie persone gelewer om behoorlik totsiens te sê aan die Matrieks van 2021.
Tradisioneel het die matrieks ook onder die klok deurgeloop, as laaste groet aan die skool.
Mag jul toekoms met rose besaai wees. Seënwense!


#klokseremonie #matrieks2021
Lees meer oor Fichies:
Become a Sponsor








