OMS Netbalaand. As jy ’n Oranjeniet die geleentheid gun om “op te dress” kan jy jou salaris of skoolfonds daarop verwed. Hulle sal die geleentheid aangryp. Dit was nogmaals die geval Maandag by Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein se netbal pretaand waar spelers hulle eie speeldrag kon kies. Twintig gemengde spanne, bestaande uit A-, B-, C- en D-spanspelers, het ingeskryf. ’n Klompie hokkiespelers het ook hulle slag op die netbalaand kom wys. Die Neon Nerds, Bulletproof, Red Peppers, Jan se span (geklee soos regte boere), Tronkvoëls, Clubhouse en die Vrystaat Ferrari’s Meisters was sommige van die deelnemende spanne.
Dit wil gedoen wees!






Foto’s verskaf
Become a Sponsor








